ONS STORIE

Basson Werksdrag het begin as ‘n klein familie-besigheid in Wellington in 2006. Ons het oorspronklik net werksdrag en beskermende skoeisels aan die landbousektor verskaf. Soos die besigheid gegroei het, het ons verkoopsreg gekry van al die groot werksdrag-handelsmerke in Suid-Afrika en ons aanbiedinge uitgebrei om ook werksdrag aan al die ander sektors te kan verskaf. Ons het in ‘n klein kantoor begin met twee werknemers. Vandag het ons ‘n span van 30 werknemers wat toegewy is aan uitstekende kliëntediens. Ons het sukses bereik deur om elke bestelling wat ons ontvang as ‘n prioriteit te sien en tot die beste van ons vermoë te verwerk. Ons is flink-dinkers en is bereid om die ekstra myl te stap om vir jou bekostigbare werksdrag en uitstekende diens te lewer.

Wat jy van ons kan verwag:

KWALITEIT STANDAARDE
Ons sal jou voorsien van kwaliteit produkte teen bekostigbare pryse. Ons aankopespan kies net die beste produkte om op ons rakkte te kom.

ETIESE BESIGHEIDSHANDELINGE
Ons glo daarin om etiese besigheid te doen wat gebaseer is op ons Christelike waardes. Eerlikheid en integriteit is vir ons baie belangrik en ons behandel beide ons kliënte en werknemers met waardigheid.

EKSKLUSIEWE HANDELSMERKE
As jy ons kies, sal jy toegang verkry tot eksklusiewe handelsmerke soos Dromex, JCB en Neptun Footwear. Ons het alleenreg op die verspreiding van van die mees gesogte handelsmerke in die Wes-Kaap.

RAAD EN OPLEIDING
Ons verstaan die behoeftes van jou besigheid baie goed. Ons beveel graag produkte aan wat geskik is vir jou unieke behoeftes.

UITSTEKENDE DIENS
Ons span van opgeleide spesialiste sal jou bestelling verwerk. Jy sal ‘n verskoopsverteenwoordiger en assistent toegeken word, wat jou bestellings en vrae sal hanteer. Hulle is jou punt van kontak, gerugsteun deur ‘n groot span bestuurders, aankopers en stoorpersoneel. Ons sal die ekstra myl stap vir jou en jou bestelling verwerk met groot sorg.

TERUGVOER OP BESTELLINGS
Ons is toegewy daaraan om bestellings so vinnig as moontlik af te handel en hanteer elke kliënt as ‘n prioriteit. Ons glo dat al ons kliënte op hoogte gehou moet word oor die vordering van hul bestellings. Die grootste frustrasie vir enige kliënt is om oningelig te wees oor wanneer hul bestelling verwag kan word en of dit betyds gaan arriveer. Ons voorsien jou dus van ‘n verwagte afleweringsdatum vir elke bestelling wat geplaas word. Ons stuur gereeld terugvoer oor hoe die bestellings vorder en sal vroegtydig laat weet as daar ‘n oponthoud is.

B-BBEE VLAK 1
Ons is vlak 1 B-BBEE gesertifiseer. Verbeter jou B-BBEE vlak deur ons te kies as jou voorkeur werksklere verskaffer.

EFFEKTIEWE KOMMUNIKASIE
Ons glo dat effektiewe kommunikasie die sleutel tot die sukses van enige werksverhouding is. Ons geniet wat ons doen en glo daarin om langtermyn verhoudings te bou deur uitstekende diens te lewer. Enige probleme wat mag opduik sal vinnig en doeltreffend opgelos word en ons sal jou te alle tye op hoogte hou met die vordering van jou bestellings.

VOORRAADHOUDING
Ons kan voorraad aanhou vir groot maatskappye wat gereeld van ons bestel.

INNOVASIE
Ons glo dat die PPE mark altyd verander. Ons assesseer deurentyd die kwaliteit van ons produkte en voeg gereeld nuwe, innoverende  produkte by ons wye reeks.